Local newsNewsSchools

Jannas-leerlinge leer by Dale

Skool besoek welbekende Dale Lambert se pottebakkerstudio.

Hoërskool Jan Viljoen se Visuele Kuns-leerlinge het die wêreld van pottebakkery ontdek.

Volgens die skool het 56 Visuele Kuns-leerlinge die pottebakkerstudio van die welbekende Dale Lambert in Muldersdrift onlangs besoek.

“Dale het leerlinge aan die fynere kunsies van pottebakkery blootgestel en gedemonstreer hoe ‘n pot op die wiel gemaak word. Om te sien hoe Dale vorm aan ‘n stuk klei gee en dit in ‘n pragtige pot omskep was iets merkwaardig,” het Tamaryn Smith, die skool se woordvoerder gesê.

Verskillende tegnieke is ook aan die leerlinge verduidelik.

“Om met klei te werk is voorwaar ‘n kuns en die soorte klei wat beskikbaar is het almal beïndruk. Dale se werk is van wêreldgehalte en dit was vir leerlinge ‘n groot voorreg om die oggend saam met haar te spandeer. Dit was eindelose pret en elkeen het ook hul eie pinch pot gemaak.

“Die kurrikulum bepaal dat leerlinge jaarliks ‘n kunsgallery moet besoek, dit is met trots dat ons kunsonderwyser Van Deventer die leerlinge na Dale se studio kon neem. Voorwaar ‘n dag wat deur elke leerling onthou sal word.”

Dale Lamberdt in aksie.
Dale Lamberdt in aksie.

Related Articles

Back to top button