Local newsNewsSchools

ATKV-Jeugtak help behoeftiges

R5 600 ingevorder om behoeftige leerlinge met belangrike lewensmiddele te voorsien.

Jannas se ATKV-Jeugtak het onlangs na die behoeftige leerlinge in die skool uitgereik deur geld in te samel.

Tamaryn Smith van die skool het vertel, “Daar word van ‘n ATKV-Jeugtak verwag om elke kwartaal een of ander projek aan te pak wat Afrikaans bevorder. Ons het besluit om die skoolsaal in ‘n filmteater te omskep.

“Alle Graad 8- tot 11-leerlinge kon die vertoning bywoon en almal het op die punte van hul stoele gesit terwyl Die spook van Uniondale op die witskerm gewys het. Dit was ‘n wonderlike geleentheid om ons leerlinge aan Afrikaanse films bloot te stel en menige leerlinge was verstom oor die gehalte van Afrikaans wat daardie dag aangebied is.

“Die ATKV-Jeugtak van Jannas kon met trots R5 600 invorder wat aangewend sal word om die behoeftige leerlinge met belangrikste lewensmiddele te voorsien.

“Ons bedank die bestuur van Hoërskool Jan Viljoen wat ons die geleentheid gegee het om die projek aan te bied.”

Related Articles

Back to top button