Local newsNews

Skrywer reik uit na ma’s

Nuwe boek word saamgevoeg deur moeders se stories...

Hanlie Thiel, bekende skrywer in ons area is hard besig  aan haar tweede boek.

Sy nooi ma’s uit om vir haar te skryf.

Thiel se doel met die boek genaamd ‘n Traan op haar poeierwang is om hartverhale van moeders te neem, dit in kategorië in te deel en dan haar boek daarop te grond. Die kategorië is byvoorbeeld : afsterwe van jou kind, as jou kind gediagnoseer word met siektes (emotioneel, fisies), my kind se mislukkings, verslawing, gedragsprobleme en ook kinders wat hul ma’s verwerp.

Martie Colyn, ‘n professionele pastorale berader sal moeders dan bystaan met die kwelende probleme. Elke storie wat deurgegee word, sal met sorg en empatie benader word.

Ma’s kan anoniem bly as hul dit so verkies. Colyn versoek dat u agtergrondkennis van u self by u skrywe voeg. ‘n Ondersteuningsnetwerk word ook beplan, dat as u sou verkies, u moeders ontmoet wat soortgelyke probleme ondervind. As lesers inskryf, moet hulle die behoefte ook aandui.

In April 2014 het Thiel haar biografie (Kind van my hart) oor haar eie lewe as aanneem ma gepubliseer. Sy werk nou deur ‘n bekende skrywer, om die boek en publikasie deur te voer.

As moeders hulle storie met haar wil deel, kan hulle haar kontak op e-pos: hanliethiel@gmail.com, sel : 083 789 3427.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Hanlie Thiel met haar eerste publikasie "Kind van my hart"
Hanlie Thiel met haar eerste publikasie “Kind van my hart”

 

Related Articles

Back to top button