Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Jannas bo in ‘rivalry’

... wen vier uit die vyf kragmetings teen hul aartsvyand Rierand.

Die ‘rivalry’ op die rugbyveld tussen Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) en Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) bly maar ‘n grote.

In 2015 was dit Jannas wat algeheel as wenner uitgetree het met vier van hul vyf spanne wat aan die wenkant was.

Hierdie jaar was die wedstryde deur Rierand aangebied.

Mense het op Vrydag 8 Mei van oral in Randfontein gekom om die wedywering tussen die twee te aanskou. Van die mense wat daar was het selfs nie kinders in Jannas of Rierand nie maar hulle wou net die rugby kom kyk.

Na die eerste twee kragmetings het karre al begin buite die skool parkeer omdat dit te vol in die binnekant van die skool was. Mense het met hul kampstoele rondom die veld gesit en het lekker gesels terwyl hulle die rugby kyk.

Die pawiljoen was vol leerlinge van Jannas en Rierand — hulle het albei vir hul spanne geskreeu en liedjies gesing asof dit die laaste keer is.

Maar wat is ‘n rugbywedstryd sonder pom-poms. Pom-poms van Rierand, Laerskool Randfontein, en Laerskool Rapportryer het die aand opgetree.

Uitslae:

• o.14: Rierand 0 — 60 Jannas

• o.15: Rierand 6 — 19 Jannas

• o.16: Rierand 10 — 14 Jannas

• Tweedespan: Rierand 33 — 7 Jannas

• Eerstespan: Rierand 10 — 22 Jannas

Besoek ons gallery vir meer foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button