Local newsNewsSchools

Ram-redenaars bo

Laerskool Randfontein weer bo tydens redenaarkompetiesie in Roodepoort.

Dit het goed gegaan met Laerskool Randfontein se redenaarsleerlinge tydens hul eerste kompetisie vir die tweede kwartaal by Laerskool Horison.

“Juffrou Melanie Bosman, organiseerder van die redenaars was verstom en baie beïndruk deur hoe proffesioneel die jong leerlinge op die verhoog was en hoe oortuigend hulle oor hul onderwerpe gepraat het,” het Annie Nolan, woordvoerder van die skool gesê.

Die volgende leerlinge het Ram se naam hoog gehou tydens die PWV-redenaarskompetisie by Laerskool Horison:

• Elandré Obermeyer, Graad 3: algehele wenner in sy kategorie met sy tema ‘Twee ore en een mond’

• Armand Martins, Graad 1: ontvang in dieselfde kategorie ‘n A++ met sy tema ‘Kinders moet gesien maar nie gehoor word nie’

• Kieren Rautenbach Graad 4: algehele wenner in sy kategorie met sy tema ‘Liewer bang Jan as dooie Jan’

• Clerise Begg, Graad 4: naaswenner in die kategorie met haar tema “Een swaeltjie maak nie die somer nie’

• Tiané Lotter, Graad 6: A++ vir haar tema ‘As dit pap reën moet jy skep’

Related Articles

Back to top button