Local newsNewsSchools

Wetenskaplikes by Ram gekweek?

'n Kykie na Laerskool Randfontein hoe hul wetenskap en tegnologie op 'n prettige manier leer.

Laerskool Randfontein (Ram) probeer om hul natuurwetenskappe en tegnologie so prakties as moontlik aan te bied.

Vakhoof van albei twee vakke, onderwyseres Annie Nolan, glo dat ‘n mens nie sommer iets wat jy gelees het, onthou nie, maar eerder dit onthou wat jy self gedoen het.

Ram spog met uitstekende laboratoriums met kindervriendelike apparate om prettige praktiese lesse aan te bied.

Tydens die eerste kwartaal word “lewens en lewenswyse” aangebied. Die Graad 7-leerlinge het die geleentheid gekry om self ‘n vis en ‘n soogdier te dissekteer.

“Die aanpassing van die diere is bespreek terwyl die kenmerke soos die grote van die hart, brein, en longe geanaliseer is. Leerlinge het daarna hul eie diere ontwerp en gebou uit herwinbare materiaal,” sê Nolan.

In die tweede kwartaal word “materie en materiaal” aangebied. Leerlinge van Graad 4 tot 7 het die geleentheid gekry om chemiese eksperimente waar te neem.

Sunica van Wyk en Jopie Gerber besig om ‘n vis te dissekteer.
Sunica van Wyk en Jopie Gerber besig om ‘n vis te dissekteer.

“Dis ongelooflik om te besef dat jy menigte eksperimente kan doen deur gewone huishoudelike produkte te gebruik. Die chemiese eksperimente word daarna toegepas in ander vakke soos sosiale wetenskappe waar die leerlinge ‘n vulkaan moes bou wat werklik ontplof en waaruit “lawa” vloei.”

Volgens Nolan is tegnologie die vak waar leerlinge meeste uitgedaag word om die beste moontlike projekte te bou wat werk. Leerlinge moes ‘n katapult (klipwerper in oorlog) bou wat ‘n albaster kan skiet. ‘n Kompetisie was toe aangebied om te sien wie die verste kon skiet. Die wenner se katapult het 56 meter vêr geskiet.

“Hierdie kwartaal is hul uitgedaag om ‘n strooitjie-brug te bou wat ‘n minimum van 1L boks melk kan dra. Die kompetisie onder die leerlinge verbeter die kwaliteit van die projekte en bevorder hoër denke rondom probleemoplossing. Laerskool Randfontein is trots om te sê jong wetenskaplikes word hier by ons gekweek.” sê Nolan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button