Local newsNewsSchools

Rierand vat Graad 7’s see toe vir opedag

'Ek vertrou die Graad 7's sal reg kies en die skool sal hulle volgende jaar graag ontvang' – skoolhoof.

Hoërskool Riebeeckrand het hul deel gedoen om Graad 7’s se harte te probeer wen vir volgende jaar tydens ‘n opwindende opedag op Woensdag 22 April.

En hoe nogal? Hulle het die Graad 7’s laat voel “Ons is by die see”.

Elzeri Botha, die skool se woordvoerder het vertel, “Die tema was ‘Welkom by Riebeeckrand se strand’. Graad 7-leerlinge is van 3nm af met waterkaskenades en ‘n toer deur die skool vermaak, maar die pret het nie daar gestop nie.

“Leerlinge en hul ouers het die aand ‘n inligtingsessie in die skoolsaal bygewoon waar hulle al die nodige inligting oor die skool ontvang het. Na die inligtingsessie was daar ‘n strandpartytjie vir die Graad 7’s in die skool se vierkant waar hulle met warm sjokolade en springmielies bederf is. Ander het hul gate uit geniet by die Rierand-photobooth.”

‘n Baie beïndrukte Annelize van den Berg, die skoolhoof, het bygevoeg, “Dit was rerig ‘n oulike klomp Graad 7’s wat ons kom besoek het. Ek glo elke leerling wat by ons gaan inskryf gaan ware Rieranders word. Ek vertrou die Graad 7’s sal reg kies en die skool sal hulle volgende jaar graag ontvang – ‘n skool waar elkeen iemand van waarde is en waar elkeen sy herinneringe sal volmaak met gelukkige skooldae.

“Ek wens elke Graad 7-leerling die beste toe vir die res van die jaar.”

Eksperimente _580172833 photo booth _599883634

Related Articles

Back to top button