Local newsNewsSchools

Ram kies nuwe beheerliggaam

'Ons onderneem om met opregtheid, eerlikheid en liefde te dien'.

‘n Beheerliggaam speel ‘n sleutelrol by ‘n skool; hulle kan onder meer die skool se taalbeleid bepaal en op ‘n godsdiensbeleid vir hul leerlinge besluit.

So het Arthur Begg, voorsitter van Laserskool Randfontein (Ram) se beheerliggaam gesê nadat die nuwe beheerliggaam bekendgemaak is.

Arthur het gesê, “‘n Nuwe hoofstuk het vir die beheerliggaam van Laerskool Randfontein aangebreek en ons sien met groot opgewondenheid uit na die taak wat voorlê. Die vorige beheerliggaam het vernuwing en verbetering begin bewerkstellig en ons gaan beslis op die suksesse wat reeds behaal is voortbou. Daar is groot waardering vir die vertroue wat u as ouer in ons geplaas het met die verkiesing tot die beheerliggaam en ons onderneem om met opregtheid, eerlikheid en liefde te dien; om in alle omstandighede, die belange van ons skool te beskerm, ‘n spreekbuis te wees vir elkeen van u wat ons verteenwoordig en elke poging aanwend om te verseker dat ons skool sy regmatige plek sal in neem as een van die top skole in Gauteng.”

Annie Nolan, woordvoerder van Ram het gesê, “Ouers van die skool besef die belangrikheid daarvan om goeie mense te kies om op die beheerliggaam te dien. Menigte ouers het hulself bereid gestel vir die werk. Die ouers het een Saterdag in Maart in hul massas opgedaag en die kandidate het hulself voorgestel en is daar vinnig-vinnig gestem.”

Die volgende persone vorm die nuwe beheerliggaam vir Ram tot en met 2018:

Ouerverteenwoordigers:

• Arthur Begg

• Chanel Rautenbach

• Willie Meyer

• Roelf Bosman

• Louis Oosthuizen

• Louisa Mulder

Onderwyserverteenwoordigers:

• Leon Haupt (hoof)

• Francois Coetzee

• Steve Greyvenstein

• Magda Graaff

PS-verteenwoordiger:

• Marinda de Wet

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button