Local newsNewsSchools

Jannas maak stem dik by ATKV-redenaars

Hierdie kwartaal is dit die tweede taal-sprekers se beurt.

Leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen het hul goed van hul taak gekwyt tydens die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie.

Die kompetisie is verlede maand by Helpmekaar College in Johannesburg gehou.

Volgens die skool het Jannas-deelnemers goed gevaar. Hulle is Tiaan van Niekerk en Miana Bosman – beide in Graad 9 – en die senior span, naamlik Twanè Stone, Petro Maritz, Lize-Marie Swanepoel, Jackie Viljoen en Danie Bosman.

Hierdie kwartaal kry die tweede taal-sprekers ‘n geleentheid om hul staal te wys in Pretoria. Hulle is Kyle Grootboom, Bongi Seakhoa, Britney Golden, Kamogelo Gopane en Lerato Rathlagane.

Volgens die skool het die ATKV hul kwotastelsel verander van hierdie jaar af. Elke skool moet eers ‘n kwota bereik, wat deur die aantal leerlinge in die skool met onvoorbereide toesprake bepaal word. Dan kan leerlinge met voorbereide toesprake inskryf.

Die deelnemers kry 90 minute voorbereidingstyd en dan moet hulle vir vyf tot sewe minute oor ‘n sekere onderwerp praat. Dit verg senuwees van staal, maar op dié manier kan leerlinge vaardighede aanleer om eendag in die grootmens wêreld hul sê te kan sê.

Die skool wens graag almal geluk met hul prestasie.

Related Articles

Back to top button