Local newsNewsSchools

Rierand-onnie terug na 14 jaar

Voormalige onnie van skool keer terug as nuwe adjunkhoof.

Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) is in die sewende hemel oor hul nuwe adjunkhoof, Jaco Snyman.

Elzeri Botha, woordvoerder van Rierand het gesê, “Dit was ‘n aangename geleentheid en ‘n groot voorreg vir die skool om aan te kondig dat hul nuwe adjunkhoof se aanstelling deur die departement bekragtig is. Ons verwelkom terug met trots mnr Snyman by ons 10/10-skool.”

Elzeri het bygevoeg dat Jaco nie ‘n nuweling by Rierand is nie.

“Mnr Snyman het in 1995 by Hoërskool Goudrand skoolgehou en een jaar later, in 1996 het Hoërskool Riebeeck en Hoërskool Goudrand saamgesmelt as Hoërskool Riebeeckrand. Mnr Snyman was toe tot en met 2001 ‘n onderwyser by Rierand.”

Van 2001 tot 2007 was Jaco ‘n onderwyser by Randfontein High School (RHS). Hy het van daar af na Laerskool Rapportryer geskuif en daar vir vyf jaar as departementshoof gedien.

Volgens Jaco sien hy daarna uit om saam met al die personeel, leerlinge en ondersteuners van Rierand “die kenmerkende 10/10-skool so te hou – voluit vir Riebeeckrand”.

Related Articles

Back to top button