Opinion

Nuus oor Eskom is onstellend

'Hoekom moet onskuldige mense daar onder ly?'

Hoe onstellend is die nuus nie dat Randfontein een van die dorpe is wat Eskom miljarde skuld?

Waarheen gaan ons geld wat ons elke maand betaal? Daar is honderde inwoners van Randfontein wat elke maand getrou hul krag en water betaal, maar waar gaan ons geld heen?

Hoekom word die inwoners wat nie krag betaal nie, se krag nie afgesit nie? Maar nee die munisipaliteit sal eerder almal onder dieselfde kam skeer.

Ek voel net die inwoners van Randfontein wat duisende aan die munisipaliteit skuld, wie ookal hulle is, se krag moet afgesit word tot hulle dit betaal en daai geld moet aan Eskom oorbetaal word.

Wanneer gaan die munisipaliteit verantwoordelikheid neem vir hul dade? En hoekom moet onskuldige mense daar onder ly? Vanaf Junie word die krag vir ongeveer 52 uur per week afgesit, en dit in die tye wat mense moet regmaak vir werk en weer van die werk af kom.

Gaan die munisipaliteit verantwoordelikheid neem hiervoor en die mense wie se yskaste, TV’s, mikrogolwe, wasmasjiene ensovoorts breek, vervang?

Wat van die kos in die vrieskas en yskas? Gaan hulle dit ook vervang as gevolg van die munisipaliteit se nalatigheid? Nee hulle sal nie. Ons as die verbruiker gaan skade ly en die munisipaliteit sal nie ons eers probeer vergoed daarvoor nie.

Hoekom kan die munisipaliteit nie ‘n verduideliking gee vir hoekom hulle nie die gelde aan Eskom betaal het nie?

Related Articles

Back to top button