Local newsMunicipalNews

Leë huis in Kocksoord ‘n gevaar

‘Huis lok kwaaddoeners en is besig om die waarde van die huise om hom te verminder.’

‘n Huis in Kocksoord wat vir al meer as drie jaar leeg staan het inwoners bekommerd oor hul veiligheid.

Volgens Gerhard Kruger, DA-raadslid, het inwoners al op twee vorige kere die leë huis (12 Fouriestraat) by die munisipaliteit geraporteer.

In ‘n vorige herald-artikel het die Randfontein Brandweer na ‘n inspeksie van die huis besluit dat dit ‘n gevaar is vir mense en aanbeveel dat die huis so gou as moontlik gestroop moet word.

“Dit het nooit gebeur nie en in drie jaar het die erf nou ‘n stortingsterrein geword vir rommel, bou afval en tuingemors. Die huis lok ook kwaaddoeners en is besig om die waarde van die huise om hom te verminder. Daar is ook die gevaar dat as die erf begin brand, dit ook die huise langs die erf sal beskadig,” het Kruger verduidelik.

Inwoners van Kocksoord het al self mense ingekry en betaal om die gras op die sypaadjie en in die erf te sny, maar hulle is nou keelvol om self die las te dra.

“Na aanleiding van die klagtes van Kocksoord-inwoners gaan die raad dit nou verder vat met die munisipaliteit om die huis geskraap te kry,” het Kruger afgesluit.

Related Articles

Back to top button