Local newsNewsSchools

Drie van Rierand in ATKV-semifinaal

Graad 11- en forumspanne ook uitgenooi na spraakgilde gala-aand.

Dit het goed gegaan met Hoërskool Riebeeckrand tydens die ATKV Redenaars- en die Spraakgilde kompetisie by Hoërskool Jeugland.

Die spraakgilde is vir groep redenaars terwyl die ATKV Redenaars kompetisie vir individuele redenaars is.

Drie leerlinge het tot die halfeindstryd (semifinale rondte) in die ATKV Redenaars kompetisie vir voorbereide toespraak afdeling deurgedring wat die volgende kwartaal sal plaasvind. Hulle is Janeske Venter (Graad 8), Ruan van Zyl (Graad 11) en Monique van den Berg (Graad 11).

Meer goeie nuus is dat beide die Graad 11- en forumspanne uitgenooi is na die spraakgilde gala-aand, waar net die beste spanne van al die skole deelgeneem het.

Die Graad 11-span wat uit Ruan van Zyl, Istvan Nieuwoudt, Monique Crafford en Dewalt Britz opgemaak is het ‘n eerste plek in Sparaakgilde kompetisie met 92,5 per sent losgeslaan en is as die beste span in hul ouderdomsgroep aangewys. Die forumspan wat uit Shunny Bothma, Dawie Viljoen en Danjue Neethling bestaan het ‘n tweede plek behaal met 80,67 per sent.

Beide die Graad 11- en forumspan is deur Leona Esterhuyse afgerig.

Related Articles

Back to top button