Local newsNewsSchools

Rierand stap die ekstra myl

Wie weet, dalk is een van die Riebeeckrand Fotoklublede Suid-Afrika se volgende topfotograaf.

Hoërskool Riebeeckrand stap die ekstra myl om te verseker dat hulle leerlinge se talente ten volle ontwikkel word, selfs al is dit buite die voorgeskrewe kurrikulum.

Die skool het verlede jaar tydens die derde kwartaal ‘n fotoklub gestig. ‘n Beheerliggaamslid van Rierand, Gerhard Nieuwoudt, is ook die voorsitter van Krugersdorp Kameraklub en het die leiding geneem om die Riebeeckrand Fotoklub op die been te bring aangesien een die kameraklub se projekte behels om na skole uit te reik.

Die Riebeeckrand Fotoklub het 10 lede naamlik Alwyn Steenkamp, Danielle Rautenbach, Istvan Nieuwoudt, Laikin Barnard, Laureen van der Merwe, Rochelle Roux, Ryon Willmer, Samantha Maré, Sharné Groenewald en Victor Basson.

Volgens Gerhard verbeter die lede se fotografievaardighede by die dag. Hy sê die leerlinge het reeds die beginsels van fotografie onder die knie en fokus nou op makro- en waterfotografie. Na elke komponent wat bemeester is, ontvang leerlinge ‘n sertifikaat.

Hou gerus dié leerlinge dop. Wie weet, dalk is een van hulle Suid-Afrika se volgende topfotograaf.

Besoek gerus ons webwerf vir meer van die leerlinge se foto’s.

Related Articles

Back to top button