Dis herfs, mense; winter is om die draai

As jy nie na motbolletjies wil ruik nie, gee solank jou winterklere lug.

Winter is amper hier…

Gelukkig het ek goeie nuus want dit is nog herfs. Maar, herfs is net van mid-Februarie tot einde April.

So pak stadig maar seker daardie ligte kleertjies weg en vergeet van swem want die winterseisoen sal binnekort sy kop uitsteek. Dit raak al hoe vroeër donker en so skuins voor 6 waai daar ‘n koue windjie.

Die winterseisoen in Suid-Afrika begin amptelik in Mei en duur tot in Julie. Dit is drie maande – drie maande van vasbyt.

Ek dink ek praat namens talle in die land as ek sê die winter gaan my nie onderkry nie. Ek gaan steeds ‘n vleisie tan, swem, ‘n kortbroek dra en buite ‘speel’. Dis immers rugbyseisoen.

Dit is nietemin ‘n goeie idee om warm aan te trek wanneer die windjie sny en die ryp of sneeu wit lê. Die weer aan die kus van KwaZulu-Natal is selfs in die winter aangenaam – mits die son skyn en die wind nie uit die sneeubedekte berge se rigting waai nie.

Die weer in die Wes-Kaap is ‘n ander storie omdat dit ‘n winterreënstreek is – baie soos ‘n Britse somer. Sekere dele van die provinsie kry gereeld sneeu in die winter.

As jy nie na motbolletjies wil ruik nie, gee solank jou winterklere lug.

Related Articles

Back to top button