CrimeLocal newsNews

Westonaria-boere is keelvol

Misdaad en veediefstal ruk hand uit. Boere sê polisie moet meer doen.

Boere van Westonaria is keelvol vir misdaad en veediefstal op plase in die omgewing.

As gevolg van die gereelde veediefstal het ‘n groep boere besluit om hul eie veiligheidsraad te vorm. Die raad hou gereeld vergaderings met die Westonaria Polisie om hul bekommernisse te deel.

Hul laaste vergadering is Dinsdag (24 Maart) by Lido Country Lodge in Jachtfontein gehou. Dié vergadering kom nadat veediefstal in Westonaria glo toegeneem het.

Tydens die vergadering het voormalige poliesieman, kaptein Moabelo met boere oor vuurwapens gepraat en hulle ingelig oor hoe lank ‘n lisensie geldig is en hoe om ‘n lisensie te hernu.

Janette Muller van die Randfontein en Westonaria Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ook by die vergadering verduidelik hoe om ‘n situasie te hanteer as ‘n dier gekwes is.

Daar is ook oor brandmerke gepraat. Jaco Taite, ondervoorsitter van die raad het boere in die vergadering aangemoedig om hul beeste te brandmerk en ook om die merk met die ander boere te deel.

Taite het aanbeveel dat boere klokke om hul beeste se nekke sit omdat dit makliker is om hulle te terug te kry in die geval van diefstal.

Laastens is daar in die vergadering gesê dat ‘n slikdam vir Westonaria beplan word en dat dit in ‘n plaaslike omgewing gaan wees.

Die Westonaria Polisie is gevra om:

• meer te patrolleer

• die proses om veediefstal te rapporteer vinniger te maak

• onwettige weiding op plase te monitor; daar is glo te veel vee wat op ander se grond wei

Related Articles

Back to top button