Opinion

Dreigemente op sosiale media

AfriForum dien strafregtelike klagtes in teen sosiale media-aanhitsers.

• Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum skryf:

AfriForum het strafregtelike klagtes ingedien teen ses individue wat mense deur middel van sosiale media aanhits om plaasmoorde te pleeg, wit mense uit te moor of self beweer dat hulle van voorneme is om dit te doen.

AfriForum het verskeie klagtes hieroor van ons lede ontvang.

Ons beskou hierdie klagtes in ’n baie ernstige lig. Kommentaar op sosiale mediaplatforms bied nie vrywaring van vervolging nie.

Drie van die aanhitsers het op sosiale media verklaar dat hulle aktiewe lede van ’n bepaalde politieke party is en een individu het dreigemente gepubliseer wat spesifiek op AfriForum en sy verteenwoordigers van toepassing is.

Die individue se name en die besonderhede van wat presies gepubliseer is, kan egter nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie, aangesien die polisie besig is om die saak te ondersoek.

Related Articles

Back to top button