NewsSchools

Rierand spog met 16 in ATKV-redenaarspan

Groot Rierand-groep teenwoordig by opkomende ATKV-redenaarskompetisie.

Kultuur is een van Hoërskool Riebeeckrand se fokuspunte en hulle spog graag met 16 leerlinge wat hierdie maand aan die ATKV-eerste taal redenaarskompetisie gaan deelneem.

Van die temas vanjaar is ‘Liewer klein baas as groot kneg’, ‘Bloed uit ‘n klip tap’ en ‘Moenie hoera skree voor jy nie oor die brug is nie’.

Sekere leerlinge gaan ook gedurende April aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem in die addsionele taal afdeling.

Die 16 leerlinge moes teen 14 ander medeskoliere kragte meet tydens die uitdunrondtes verlede maand (Februarie). Die kompetisie was straf. Daar was onder andere ‘n onvoorbereide rondte aangesien die ATKV hierdie jaar twee afdelings het naamlik voorbereid en onvoorbereid.

Annelise van den Berg, hoof van Riebeeckrand en die personeel is trots om die jaar agt junior en agt senior leerlinge na die ATKV-redenaarskompetisie te stuur in April.

Junior deelnemers is Carla la Grange, Minette Biggs, Janesce Venter, Ju-Hanie Wilken, Larisha van Wyk, Corrine Human, Maryke Biggs en Helga du Plessis.

Seniors deelnemers is Monique van den Berg, Mandy-Jo Visser, Ruan van Zyl, Monique Crafford, Istvan Nieuwoudt, Kristen Pienaar, Cherize Nieuwoudt en Dewald Naudé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button