Local newsNewsSchools

Rierand kan nie vasgevra word nie

Junior- en seniorspanne van Rierand bo in vasvrakompetisie teen drie ander skole.

Hoërskool Riebeeckrand het (Woensdag 4 Maart) aan die jaarlikse vasvrakompetisie by Hoërskool Westonaria deelgeneem en uitgeblink.

Die kompetisie onder mekaar was wel besonder taai en die vier deelnemende skole naamlik Rierand, Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Westonaria en Hoërskool Wonderfontein moes alles gee.

Tydens die vasvrakompetisie word leerlinge se algemene kennis, vakkennis en kennis rakende resente en nuusgebeure getoets.

Na al die swoeg en sweet het Rierand se junior- en seniorspanne bo uitgekom en die eerste plek beklee.

Die juniors was met 17 punte baas terwyl die seniors met drie punte geseëvier het.

Die Juniorspan bestaan uit Ju-Hanie Wilken, Cara la Grange, Reyner la Grange en Helga du Plessis.
Die Juniorspan bestaan uit Ju-Hanie Wilken, Cara la Grange, Reyner la Grange en Helga du Plessis.

 

Related Articles

Back to top button