Local newsMunicipalNews

Trokke ‘n groot gevaar vir kleuters

'n Paar borde kon die duisende rande se skade aan die paaie verhoed het.

Swaar trokke wat van paaie in residensiële areas gebruik maak stel kleuters in gevaar.

Aangesien die kruising by Lezaarlaan en Bothastraat deur trokke verniel word, het die munisipaliteit dit goedgedink om die teer met stene te vervang – ‘n moontlike oplossing aangesien die teer meegee wanneer trokke deur dié kruising ry. Trokdrywers wat nie alternatiewe roetes in Randfontein ken nie kies dié pad deur Randgate waar kinders is.

“Daar moet ander roetes met borde aangedui word vir die verkeer – roetes wat die trokke weg van die residentiële area en skole neem. ‘n Paar borde kon die duisende rande se skade aan die paaie verhoed het,” het Alwyn van Tonder, DA-raadslid vir Wyk 3 verduidelik.

Die trokke draai nou in Buitenstraat in en dan onwettend regs in Langerman in waar Laerskool Rapportryer se kleuterskool is. Die straat loop dood en dan moet die trokke omdraai in ‘n spasie wat te klein is.

“Terwyl ouers hul kinders Dinsdag (24 Februarie) by die skool afgelaai het, het twee trokke by die straat ingery. Hulle het die pad totaal geblokkeer terwyl hulle probeer omdraai het en het die pad by die Geldenhuys-kruising verniel,” het Van Tonder vertel.

Volgens Van Tonder moet daar vinnig plan gemaak word voor kinders seerkry of die pad heeltemal verwoes word. Hy het gesê daar moet borde opgerig word wat groot trokke in die area verbied.

Van Tonder het die munisipaliteit gekontak en Peter Matabula het beloof om ondersoek in te stel.

Related Articles

Back to top button