Local newsNews

DBV-tak aan Wes-Rand maak deure toe

'Ongelukkig kon die gemeenskap nie die skip drywend hou nie'.

Die Johannesburgse Dierebeskermingsvereniging (DBV) het onlangs ‘n kommerwekkende persverklaring uitgereik.

Volgens hulle gaan die Krugersdorp-tak van die DBV hul deure op 31 Maart sluit.

Die Johannesburg DBV wat sedert 2009 die tak onder sy vlerk het, het erken dat dit finansieel onmoontlik is om die tak oop te hou terwyl daar ‘n ten volle operasionele tak in Reuven is.

Die Krugersdorp-tak sal nog in bedryf bly tot en met die sluitingsdatum waarna Krugersdorp hulle inspeksies, ondersoeke na die mishandeling en verwaarlosing van diere en die oplaai van verlore of ongewenste diere by die Johannesburg-tak sal aanmeld.

Die Jhb DBV sal ook addisionele maatreëls instel soos om die Krugersdorp-perseel na die sluiting te inspekteer om te verseker dat geen diere in die proses ly of agterbly nie. Daar sal ook ‘n kennisgewingbord by die gebou opgesit word met kontaknommers en die alternatiewe fasiliteit. Inwoners in afgeleë gebiede sal deur ander inwoners van die alternatief in kennis gestel word.

‘n Ander uitweg is die Randburg en Roodepoort DBV-takke, asook ander dierewelsynsorganisasies soos Barking Mad.

Die Jhb DBV het erken dat die besluit nie vinnig of maklik geneem is nie, maar wel om die diere die beste langtermynvooruitsig te gee terwyl die huidige ekonomiese situasie in ag geneem word.

Die DBV is ‘n gemeenskapgerigte organisasie wat nie finansiële hulp van die regering ontvang nie en op die mense in die area staatmaak vir geld, kos en bystand. Ongelukkig kon die Krugersdorp-gemeenskap nie dié skip drywend hou nie.

Vir meer inligting kan die Johannesburg DBV gekontak word by 011 681 3600.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button