Local newsNewsSchools

Rammies-uitblinkers by SA’s

RAM-jukskeispelers het behoorlik die penne laat klap.

Laerskool Randfontein (RAM) het ‘n trotse tradisie van uitstekende Jukskeispelers.

Hulle het dit onlangs bewys tydens die SA-kampioenskappe en is al hard aan die oefen vir 2015-seisoen.

Onder die leiding van Magda Graaff en Annatjie du Plessis word elke potensieële Jukskeispeler se vole talent ontwikkel. Daar word reg deur die jaar geoefen en aan talle wedstyde deelgeneem.

Op 27 Februarie gaan hulle aan hul eerste kampioenskap deelneem wat deur die Randfontein Juskeiklub aangebied word.

“Ons is baie opgewonde oor die Jukskeiseisoen en kan nie wag om te sien watse reuse prestasie die jaar vir ons in hou nie,” vertel Annie Nolan, bemarker en onderwyser by RAM.

Laerskool Randfontein is ongelooflik trots op die ses RAM-dogters en een seun wat Gauteng verteenwoordig het tydens die SA-kampioenskappe.

Talita Steyn het vir Gauteng dogters A-span gespeel terwyl Tiaan Fourie, Sunica van Wyk, Chané Pienaar, Angelique Ayres, Carla Kitchin en Caitlin Kitchin in die Gauteng-ontwikkelingspan opgeneem is.

Die jukskei het behoorlik die penne laat klap. Die Gautengspanne het ‘n algehele vierde plek ingepalm en al die spelers het medaljes ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button