School sportSport

Jan Viljoen tops van R’fontein

Jan Viljoen trots op hul Top 15-atlete tydens groot byeenkoms by UJ.

Hoërskool Jan Viljoen was vanjaar se top skool van die dorp tydens Hoërskool Noordheuwel se Top 15 atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg op Woensdag (11 Februarie).

19 skole het aan die byeenkoms deelgeneem met Jan Viljoen en Riebeeckrand slegs twee Randfontein-skole wat genooi is. Jannas het die 16de plek behaal met 738 punte terwyl Rierand 17de plek gevat het met 680 punte.

Die ander skole wat deelgeneem het was: Prestige College (947), Potchefstroom Gimnasium (938), Klerksdorp (895), Potchefstroom Volkskool (864), Randburg (850), Brits (820), Overvaal (815), Frikkie Meyer (813), Ben Vorster (813), Bergsig Akademie (812), Linden (787), Driehoek (779), Hans Moore (755), Hartebeespoort (754), Bastion (743), Jannas (738), Rierand (680), Danimika (756), en Roodepoort (651).

Jannas se uitblinker op die dag was Katlego Segone (Graad 10) wat met ‘n tyd van een minuut 58,37 sekondes die tweede plek behaal het in die 800 meter asook 1 019 Absa-punte. Hy het ook eerste plek gevat in die 1 500meter met ‘n tyd van vier minute, 12,97 sekondes en 919 punte.

Related Articles

Back to top button