CrimeLocal newsNews

Kitsbankrowers doen die rondte

'Wees wakker as jy ‘n kitsbank besoek' — polisie.

Die Randfontein Polisie het ‘n waarskuwing uitgestuur met betrekking tot kitsbanke.

Volgens Kaptein Appel Ernst, Randfontein polisie-woordvoerder het dit onder hulle aandag gekom dat kitsbankrooftogte aan die toeneem is in Randfontein.

Die volgende punte is gewoontlik die modus operandi van kitsbankrowers:

• Die verdagte is baie netjies aangetrek, gewoonlik in ‘n deftige hemp en broek om soos een van die bank se werkers voor te kom.

• Die verdagte sal in die ry wees om die kitsbank te gebruik of maak of hy besig is by die kitsbank as hy sy slagoffer teiken.

• Die verdagte sal jou nader of pla terwyl jy besig is om jou geheime kode in te sit.

• Van die verdagtes sal terwyl jou aandag afgetrek is, die kanseleer knoppie op die kitsbank druk en dan jou kaart steel as jy nie kyk nie.

• Die verdagtes is baie skelm en sonder dat jy agter kom kan hulle jou kaart met ‘n ander een vervang.

• Die ontrekkings uit jou rekening gebeur baie kort na die voorval en gewoonlik by ‘n ander kitsbank naby aan waar die voorval plaasgevind het.

• As die kitsbank nie jou kaart wil aanvaar met die eerste prober slag nie, vat jou kaart en gaan liewer na ‘n ander masjien. Die verdagtes peuter met die kitsbanke sodat dit jou kaart sluk en jou geheime kode onthou.

Hier is ‘n paar wenke om te keer dat jy nie ‘n maklikke slagoffer word nie:

• Wees wakker as jy ‘n kitsbank besoek.

• Moenie jou kaart wys voor jy die kitsbank nader nie.

• Maak seker dat jy aleen is by die kitsbank en indien daar ander persone rondhang, tik jou geheime kode in sodat dit nie gesien kan word nie.

• Moenie dat mense naby jou staan as jy die ontrekking maak nie.

• Niemand moet inmeng terwyl jy besig is by die kitsbank nie.

• Die daaglikse limiet op jou kaart moet so min as moontlik wees.

• As jou kaart gesteel is, moet jy so vinnig as moontlik dit raporteer by jou bank sodat ontrekkings uit jou rekening nie moontlik is nie. Die nommer van jou bank is gewoontlik op die kitsbank.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button