Local newsNews

Oud-burgemeester sterf

Dorp groet legendariese Hennie Schoonwinkel.

Oud-burgemeester van Randfontein en ‘n bekende figuur in die gemeenskap, Hennie Schoonwinkel is oorlede.

Oom Hennie het verlede Woensdag (21 Januarie) op 85-jarige ouderdom sy jarelange stryd teen kanker verloor. Daar is gister (Woensdag 28 Januarie) vir hom ‘n erediens by die AGS Randgate gehou wat deur pastoor Gerrit Pretorius gelei is voordat hy ter ruste gelê is.

Honderde vriende en familielede het die diens saam met sy vrou Ria en hul twee dogters Sandra en Marietjie bygewoon.

‘n Uittreksel uit die begrafnisbrief

God het ons geseën en ons lewens verryk met ‘n baie besondere man: Hennie, pappa, oupa en alombekend as Oom Hennie Schoonwinkel.

Vir meer as 60 jaar was hy ‘n wonderlike en toegewyde eggenoot. Geen kind kon vir ‘n beter pa gevra het nie. As oupa was hy mentor en vriend – onvervangbaar! Sy vriende en familie was vir hom van onskatbare waarde.

Hy het ‘n besondere verhouding met God gehad – Sy genade aangegryp en daaroor gejubel. Deur sy liefde en omgee het hy sy medemens gedien en ander se laste ligter probeer maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button