Local newsNews

Nuwe dansklub steek sy kop uit

Nikita’s Singles-klub is 'n plek vir oud en jonk.

Daar is ‘n nuwe ding wat kop wys, in Randfontein. Iets heeltemal anders as ‘n kopluis of ‘n koeksisterkompetisie se eerste prys …

Nikita’s Singles-klub is Donderdae-aande die plek vir oud en jonk om ‘n bietjie litte los te maak en interessante mense te ontmoet.

Die plek is die Randfontein Rugby Klub se saal en alle enkellopendes is hartlik welkom.

Daar gaan lekker gekuier word terwyl ‘n wye verskeidenheid musiek gespeel word sodat jy met jou danspassies kan pronk.

Donderdag (22 Januarie) is gratis maar daarna is daar R30-toegangsgeld. Dra ietsie gemaklik maar skaflik en bring jou entoesiasme saam. Dit begin om 8nm.

• Navrae: Daan 082 511 2263 of Wessie 071 890 0586.

Verwante artikels:

Dancers bring the heat

Couples battle it out on the dance floor

Dancers’ last chance to impress

Related Articles

Back to top button