Local newsNewsUpdate

Vermiste man opgespoor

Geliefde inwoner weer terug by die huis na familie die ergste verwag het.

Die inwoner van Finsbury, Lourens du Plessis wat onlangs spoorloos verdwyn het is opgespoor.

“Ons is Vrydag (23 Januarie) deur ‘n Randfontein-inwoner gekontak wie Lourens net buite die dorp sien loop het. Ons het onmiddelik deurgejaag tot waar hy was en hom huis toe gebring. Ons vermoed daar was ‘n twis tussen hom en sy vrou en dit is hoekom hy net wou wegkom,” het ‘n familie-lid, Francois Weeks aan die herald verduidelik.

Die familie weet nie waar Lourens presies was of waar hy geslaap het vir amper ‘n week nie maar is tog te bly dat hy veilig is.

Hulle wil ook net vir almal wat gehelp het baie dankie sê.

Lourens du Plessis. Foto ingestuur.
Lourens du Plessis. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button