Local newsNews

Finsbury-man vermis

'Familie vrees die ergste' — swaer.

‘n Inwoner van Finsbury, Lourens du Plessis, 57, het vermoedelik spoorloos verdwyn en familie en vriende vrees die ergste.

Volgens Francois Weeks, du Plessis se swaer het iemand hom Saterdag-oggend (11 Januarie) in die Village Square Winkelsentrum sien stap met ‘n wit hemp aan maar dit was die laaste keer wat hy gesien is.

“Ek en Hester – du Plessis se suster – het daardie aand al begin soek na hom en het elke hospitaal, dokter en polisiekantoor in die omgewing geskakel,” het Francois gesê.

“Ons het ook die strate op en af gery om te kyk of hy nie dalk iewers is nie maar niks. Ons het toe maar Sondagaand na die polisiekantoor gegaan waar ons ‘n saak oopgemaak het.”

Die familie vra dat enigiemand wat du Plessis dalk gesien het of dalk weet waar hy nou is om hulle te kontak by 079 567 0015 (Francois).

Die boodskap is ook op Hester se Facebook-blad versprei maar het nog geen terugvoering gekry nie.

Kaptein Tebogo Kgomo van die Randfontein polisie hanteer die vermistepersoon-saak en kan ook gekontak word op 011 767 2300.

Related Articles

Back to top button