Local newsNews

Kersbome met styl

Vir baie mense begin die feesseisoen die oomblik wat die Kersboom se liggies vir die eerste keer aangeskakel word. Die kersboom is ‘n tradiesie wat glo oorspronklik in die 15de eeu in Duitsland onstaan het. Vroër jare het mense eetbare items op hulle bome gehang soos appels, neute en ander kosse. Die ster of engel …

Vir baie mense begin die feesseisoen die oomblik wat die Kersboom se liggies vir die eerste keer aangeskakel word.

Die kersboom is ‘n tradiesie wat glo oorspronklik in die 15de eeu in Duitsland onstaan het.

Vroër jare het mense eetbare items op hulle bome gehang soos appels, neute en ander kosse. Die ster of engel bo-op die boonste punt van die boom verteenwoordig die engel Gabriel of die stêr van Bethlehem.

In 2014 is die tradisionele kersboom glo by die deur uit en begin al hoe meer mense alternatiewe boomidees te gebruik om hulle huise te versier.

Mens kan baie kreatief raak en hoef jy nie weer die jaar honderde rande op te dok vir ‘n ou plein groen pvc boom nie.

‘n Baie oulike en kos effektiewe alternatief is ‘n opvouleer wat mens met liggies en kleurvolle versierings kan opmaak. Daar kan dan ook persente op die trappies geplaas word. Nog ‘n oulike idée is om houdtakke te vat wat mens dan van lank na kort om ‘n paal rangskik om ‘n boom te vorm. Die opsies is net beperk tot jou eie verbeelding.

Nog ‘n oulike idée vir beknopte spasies is om 2D te gaan en net ‘n prentjie van ‘n boom op ‘n skoon muur te plak wat dan ook met liggies versier kan word.

Daar is baie webwerfe wat opsies het vir die wat nie die tyd het om self ‘n boom te bou of teken nie en deesdae is die perfekte boom net ‘n kliek weg so moenie verval in ou waardes nie… probeer bietjie iets nuut en dalk verras jy nog jouself!

 

Related Articles

Back to top button