NewsSchools

Melktandjies ‘rock’ die somer

Maatjies vanaf twee jaar oud skud hul lyfies op die verhoog.

Melktandjies Kleuterskool het die jaar onlangs met ‘n oulike konsert afgesluit.

“Lets Rock the Summer” was die tema.

“Ons het probeer almal by die konsert te betrek en het selfs die klein maatjies vanaf twee jaar oud kans gegee om hulle lyfies op die verhoog te skud,” het Karin Korf, hoof van die kleuterskool gesê.

Die opvoering was glo feestelik en almal wat daar was in ‘n gesellige bui. Trotse mamma’s en pappa’s het hard hande geklap en gejuig toe hul kleuters op die verhoog verskyn, sommige van hulle op hul senuwees.

“Ek glo almal het dit baie geniet en ek voel die opvoering was ‘n reuse sukses. Ons sien uit na 2015.” het ‘n onnie Liezel van Niekerk bygevoeg.

 

Related Articles

Back to top button