Local newsNews

AWB wys oë in Randfontein

Lede van die AWB besoek Wes-Rand vir bewusmaking.

Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het Saterdag deur Randfontein en minstens twee ander Wes-Rand dorpe gery vir bewusmaking.

Talle lede is gesien met AWB-uniforms, embleems en vlae.

Volgens Paul Visagie, AWB Wes-Rand Generaal was die doel van hulle besoek “Om mense bewus te maak van ons bestaan in die Wes-Rand en ook om mense wat belangstel te kry om by die party aan te sluit.

“Ons leuse is vir Volk en Vaderland en dus wil ons vir al die blanke mense in die Wes-Rand vra om ons by te staan in die beskerming van ons land se burgers.”

Die AWB is deur sewe mans – een van hulle Eugène Terre’Blance en eertydse hoofleier – in 1973 gestig. Terre`Blanche is toe in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp in die Noord-Wes vermoor. 

Navrae: Gen. Visagie by 083 281 6009.

Related Articles

Back to top button