Randfontein Rugbyklub vereer sy uitblinkers

Randfontein Rugbyklub het Vrydag 7 November hul spelers, afrigters en komiteelede vereer tydens hulle prysuitdeling.

Randfontein — Die Randfontein Rugbyklub het hulle spelers, afrigters, komiteelede en borge bedank en geëer tydens hulle prysuitdeling by die klub se onthaalsaal verlede Vrydag.

Die programdirekteur Henk Botha het die verigtinge afgeskop. Oud-Springbok en visepresident van Randfontein Rugbyklub, Oom Piet Botha was van dié wat uitgesonder is.

Klubpresident Billy Vermeulen het die vrouens en meisies van die spelers en komiteelede bedank vir hulle bystand deur die jaar asook al die borge.

Dana van Vuuren het goeie nuus gebring tydens die voorsittersverslag met die klub se spreiligte wat tydens die jaar herstel is en die klub se losie by Ellis Park wat klaar is. Die klub het ook vaarwel gesê aan Chris van Niekerk wat in 1974 vir die klub gespeel het en tot dié jaar 'n lid van die komitee was. Mara Conradie, die nuwe klubbestuurder is ook verwelkom.

Vermeulen het die erekleure uitgedeel. Boats Botha het ‘n baadjie gekry vir sy rol as adjunkvoorsitter en eerstespanafrigter sedert 2009. Afrigter van die eerstespan vir die laaste twee jaar, Jacques Conradie het sy baadjie met trots aanvaar. Barries Meintjies het ook ‘n baadjie ontvang vir sy vier jaar in die eerstespan. Die eerste erebaadjie is aan Cathy Holton oorhandig wat as komiteelid van 2008 af dien.

Die spelers is ook vir hulle toewyding gedurende die jaar geëer. Die tweedespan was die beste presteerders van die jaar terwyl Marco van der Westhuizen (junior) en Sylvester Engelbrecht (senior) spelers van die jaar was. Werner Bam en Cecil Tucker was die afrigters van die jaar. Die klub se sportman van die jaar was Herman van Eck.

Dit was ‘n aand vol pryse wat daarop dui hoe sterk en gesond Randfontein se rugby regtig is.

Related Articles

Back to top button