NewsSchools

Heidi en Peter-kleuters steel harte tydens konsert

'Konsert die hoogtepunt van die jaar' — eienaars

Trane van blydskap het gevloei toe Heidi en Peter Kleuterskool die afgelope Saterdag hul Kerskonsert by die Randfontein Gholfklub aangebied het.

Drie uur lank het byna 60 kleuters van die skool met hul oulike kostuums en passievolle danspassies hul ouers, familie en vriende vermaak. Die items wat aangebied is sluit in Stapsoldaatjie, Oupa ry met sy Ford, Jan Pierewiet en Jesus se Geboorte – wat uitstaande was.

Eienaars Rochelle en Thys de Beer het die geleentheid as asemrowend en ‘n hoogtepunt vir die jaar beskryf.

“Ouers sê steeds hoe oulik dit was,” sê Rochelle.

“Dit nie maklik om kinders vir so lank op een plek in toom te hou nie maar dit was alles die moeite werd. Ek haal my hoed af vir die vyf onderwysers wat sedert Mei besig was met voorbereidings vir die konsert.”

Die kleuterskool sluit amptelik op 19 Desember en sal weer op 5 Januarie 2015 sy deure oopmaak.

Besoek ons gallery vir nog foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button