Local newsNews

Robinson-gehoorsentrum kondig gelukkige wenner aan

Zubeida Vorajee die gelukkige wenner van 'n splinternuwe Beltone-gehoorapperaat.

Gedurende gehoorbewustheidsmaand en trekking in September het die Robinson Gehoorsentrum vir kliënte in die gemeenskap die kans gegee om ‘n Beltone-gehoorapperaat los te slaan.

Volgens die oudioloog by dié sentrum, Elri van der Merwe, het hulle gedurende September verskeie gratis gehoortoetse en proefpassings waargeneem.

“Al die kliënte wat tydens die tydperk by die sentrum ‘n toets ondergaan het, het dan ook die kans gestaan om ‘n splinternuwe Beltone gehoorapperaat in ons gelukkige trekking te wen.” vertel Van der Merwe.

Volgens Van der Merwe, het dié gelukkige trekking op 30 September by die sentrum plaasgevind.

Zubeida Vorajee is tydens die geleentheid aangewys as die wenner van dié apperaat.

“Vorajee is dadelik in kennis gestel en het op 8 Oktober haar prys, wat deur Beltone geborg is, kom afhaal,” vertel Van der Merwe.

Beltone en Robinson Gehoorsentrum wens Vorajee geluk met die prys en glo dat sy dit tot goeie nut sal gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button