Local newsNews

Kom stap saam vir Jesus

5km-pretloop tot eer van God.

Kia Kaha Bedieninge in Magaliesburg nooi die gemeenskap om deel te neem aan hulle vyf-kilometer pretloop tot eer van God.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, Hanlie Jansen van Vuuren, sal dié pretloop op 18 Oktober plaasvind.

Deelnemers sal by die Magaliesburg winkelsentrum om 10vm wegspring en die vyf kilometer na Kia Kaha Bedieninge aandurf.

“Daar sal verskeie pryse en medaljes vir die deelnemers met die mees oorspronklike tema wees,” vertel Jansen van Vuuren.

Na afloop van die pretloop kan die hele gesin ook saam kuier op Kia Kaha Bedieninge se gronde.

Jansen van Vuuren vertel dat daar stalletjies by die geleentheid sal wees en diegene wat belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, kan haar gerus kontak.

“Hoogtepunte tydens die geleentheid sluit in ‘n optrede deur Joe Niemand, boeresport en ‘n lofprysing-en-gebed geleentheid vir die hele gesin,” vertel Jansen van Vuuren.

Diegene wat stalletjies wil bespreek of deel van die pretloop wil wees moet hul plek voor of op 10 Oktober bespreek.

Vir meer inligting skakel Hanlie Jansen van Vuuren by 082 822 5796 of Joey by 084 590 7204.

Related Articles

Back to top button