Local sportSport

Drie boksers op pad na SA’s

'Ek glo hulle sal puik vaar' — afrigter.

Drie boksers van Randgate Amateur Boksklub het vanjaar vir die Suid-Afrikaanse skoolseuns- en dogtersbokskampioenskappe gekwalifiseer.

Volgens die hoofafrigter by die klub, Willie Gonsalves het vier van hulle junior boksers onlangs aan die Suid-Afrikaanse boksproewe by Randgate Amateur Boksklub deelgeneem.

Dié vier boksers is Nicole Calitz, Heindrigh Welthagen, Ernest da Silva en Amorie Gonsalves.

“Al die boksers het baie goed tydens die proewe gevaar, maar ongelukkig het Heindrigh nie vir die kampioenskappe gekwalifiseer nie,” vertel Gonsalves.

Hy baie trots is op Amorie, Nicole en Ernest wat wel gekwalifiseer het.

Dié drie boksers sal van 7 tot 11 Oktober aan die Suid-Afrikaanse skoolseuns- en- dogters bokskampioenskappe in Welkom deelneem.

“Baie geluk aan dié boksers. Julle verdien dit werklik. Sterkte met julle voorbereiding vir die kampioenskappe,” vertel Gonsalves.

Verwante artikels:

Drie medaljes vir Randgate Amateurboksklub by SA’s

• RCA-bokser slaan goud los

Related Articles

Back to top button