Local sportSport

RCA-bokser slaan goud los

Lizzy Botha van Randfontein Christian Academy maak naam in die 60kg-kategorie.

‘n Leerling van die Randfontein Christian Academy (RCA) Lizzy Botha het onlangs aan die Nasionale Vroue Bokskampioenskappe deelgeneem en goud losgeslaan.

Volgens Lizzy het dié kampioenskappe verlede maand by Transnet in Pretoria plaasgevind.

“Ek het namens Randgate Amateur Boksklub aan die kampioenskappe deelgeneem en in die een geveg ‘n gouemedalje verower,” vertel Lizzy.

Lizzy het in die 60- tot 65kg afdeling deelgeneem.

Sy verduidelik dat die kompetisie baie straf was, maar haar afrigter by Randgate Amateur Boksklub, Willie Gonsalves, het haar die nodige leiding gegee om puik te kon presteer.

“Baie dankie aan al my onderwysers by RCA asook my afrigters by Randgate Amateur Boksklub. Sonder julle hulp en ondersteuning sou ek nie so goed gevaar het nie,” vertel Lizzy.

Related Articles

Back to top button