NewsSchools

Bekende kunstenaar by skool se skoonheidskompetisie

Oud-Romanz lid sal by die Mnr en Mej Randfontein Christian Academy kompetisie optree.

Die gemeenskap van Randfontein kan nou reeds hulle kaartjies koop om vanjaar se Mnr en Mej Randfontein Christian Academy (RCA) skoonheidskompetisie by te woon.

Die kompetisie sal op 27 September by die Hervormde Kerk Midpark plaasvind.

Volgens Sonja van Tonder, een van die organiseerders, beloof die aand om weereens ‘n groot geleentheid vir die leerlinge van RCA te wees. Hulle nooi die gemeenskap om dit saam met hulle te kom geniet.

“Om by te dra tot die opwinding het ons vanjaar vir Adam Barnard van Romanz gevra om by die geleentheid op te tree,” vertel Van Tonder.

Barnard het onlangs sy solo-album vrygestel nadat die groep Romanz se paaie geskei het. Hy sal ook tydens dié geleentheid die gaste met liedjies op dié album vermaak.

Kaartjies beloop R100 per persoon en sluit ook verversings in.

“Die kaartjies is by my beskikbaar maar daar sal ook kaartjies by die deur verkoop word,” vertel sy.

Sy verduidelik dat al die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word, aangewend sal word om RCA se

sportgronde by hul nuwe perseel te ontwikkel.

Vir enige navrae of kaartjiebesprekings, skakel gerus vir Sonja van Tonder by 082 560 2062.

Related Articles

Back to top button