Opinion

Mapogo doen puik werk

'Dit is vir my aangenaam om weer na 'n lang tyd kinders in die parkie te sien speel'

Ek bly nou al vir jare in Randfontein en dit is vir my baie aangenaam om weer na ‘n lang tyd kinders in die parkie in Palmlaan te sien speel.

Dit danksy die manne van Mapogo A Mathamaga wat elke naweek by die parkie stop en die veiligheid van die kinders en ouers in die area verseker.

Ek sê met dié brief dankie vir die bestuur van dié sekuriteitsfirma vir hulle belangstelling in die gemeenskap.

Dit is vir my werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat daar nog sulke onbaatsugtige mense in ons dorp is.

Julle doen werklik puik werk.

Hou so aan, want julle manne maak my en beslis die ander inwoners van die dorp trots om nog deel van die Randfontein- gemeenskap te wees.

Related Articles

Back to top button