School sportSport

Rappies-jukskeispelers maak skool trots

Seuns en dogters-spanne onder top vier; Tiaan Wilken as Speler van die Jaar aangewys.

Albei die seuns en dogtersjukskeispanne van Laerskool Rapportryer het hul skool trots gemaak na afloop van die jaarlikse direkteurstoernooi.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier het dié toernooi op 13 September plaasgevind en moes Rappies kragte meet teen skole van die Noordelike-Unie. Die toernooi het skole van sover as Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes om die jukskeiputte gelok.

“Rappies se seuns en dogters A-spanne het puik gevaar en het beide ‘n algehele vierde plek tydens die toernooi behaal,” vertel Olivier.

Sy sê verder dat twee van Rappies se top jukskeispelers, Reuben McDonald o.13B en Tiaan Wilken o.13A tydens die Gauteng Wes Jukskei Unie se jaarlikse prysuitdeling die kollig gesteel het en elkeen ‘n sertifikaat ontvang het vir hul deelname op provinsiale en nasionale vlak.

Tiaan Wilken is ook tydens dié prysuitdeling as die Speler van die Jaar vir seuns o.13 aangewys.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer is baie trots op elkeen van ons jukskei-sterre. Julle is voorwaar tops,” vertel Olivier.

Related Articles

Back to top button