Local newsNewsSchools

Berader praat met Rappies oor groepsdruk

'Groepsdruk iets waarmee elke tiener en leerling die een of ander tyd te doen kry.'

‘n Plaaslike berader, Jan Jacobs, het op 12 September die leerlinge van Laerskool Rapportryer besoek om hulle in te lig oor die gevaar en gevolge van groepsdruk.

Volgens Jacobs is groepsdruk ‘n aspek van die lewe waarmee elke tiener en leerling gekonfronteer word. Hy sĂª
dit is belangrik om hulle daaroor in te lig en te leer hoe om groepsdruk te benader.

“Ek het ook met die leerlinge gepraat oor dwelms, modes, diefstal en selfs okkulte waarmee die tieners deur groepsdruk te doen kry,” vertel Jacobs.

Sowat 40 leerlinge het die geleentheid bygewoon en ook baie betrokke geraak by die gesprek.

“Talle leerlinge het vrae gevra en so meer geleer oor hoe om groepsdruk te benader en hulself nie daaraan te onderwerp nie,” vertel Jacobs.

Die leerlinge van Rappies Raakvatters kan daarvan getuig dat hulle nou baie meer oor groepsdruk weet.

Jan Jacobs tydens sy besoek aan Rappies Raakvatters.
Jan Jacobs tydens sy besoek aan Rappies Raakvatters.

Related Articles

Back to top button