School sportSport

Rappies-atlete skitter by D2-kampioenskappe

Landloopatlete reig sewe medaljes in.

Laerskool Rapportryer spog vanjaar met 15 landloopatlete wat tydens die D2-Landloopkampioenskappe in aksie was.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Rappies puik presteer. Verder is vier hul landloopatlete in die D2-skole landloopspan opgeneem.

“Dié atlete sal ook binnekort aan die Gauteng Landloopkampioenskappe in Vereeniging deelneem,” vertel Olivier.

Liezl Pio (o.9) het tydens die D2-kampioenskappe goud behaal, terwyl Sandra Wijtenburg (o.12) ‘n silwermedalje ingepalm het.

Kayla Minnie (o.12) het ook puik gevaar en haarself van ‘n bronsmedalje tydens die D2-kampioenskappe verseker en Ashley Minnie (o.10) het ‘n algehele vierde plek verower.

“Die o.12 dogters het die D2-kampioenskap spankompetisie ook gewen en ook sodoende elkeen ‘n goue medalje verower,” vertel Olivier.

Die span het uit Sandra Wijtenburg, Kayla Minnie, Lee-Ona Pretorius, Nicole Erwee en Elisma Pio bestaan.

“Sandra Wijtenburg, Ashley Minnie en Kayla Minnie sal ook hulle merk by die SA Klublandloop kampioenskappe in George maak,” vertel Olivier.

Die bestuur en afrigtingspan by Laerskool Rapportryer is werklik trots op elkeen van hul landloop atlete.

Liezl Pio, Sandra Wijtenburg, Kayla en Ashley Minnie is almal in die D2 Landloopspan opgeneem.
Liezl Pio, Sandra Wijtenburg, Kayla en Ashley Minnie is almal in die D2 Landloopspan opgeneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button