NewsSchools

Spel-a-thon om Ram op te knap

Fondse sal gebruik word om kleedkamers op te gradeer sê skool.

Laerskool Randfontein (Ram) se Graad 6-leerlinge het onlangs geskiedenis gemaak met hul eerste spel-a-thon-fondsinsamelingsprojek.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan is dit ‘n eerste vir Ram om ‘n spel-a-thon aan te bied.

“Die doel agter die spel-a-thon was bloot om die leerlinge se spel- en leesvermoëns op ‘n pretbelaaide manier te verbeter,” vertel Nolan.

Die Graad 6-personeel, onder leiding van Sannelé Esterhuizen, het ook ‘n boekuitstalling gereël.

“Bargain Books van Cradlestone Mall het vir twee dae hulle winskopieboeke kom uitstal. Dit het die leerlinge die geleentheid gegee om vir hulself leesstof te koop. Die leerlinge het die vryheid baie geniet en het self die oulikste boeke gekoop,” vertel Nolan.

Al die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel is, sal aangewend word om die skool se kleedkamers op te knap.

“By Ram is ons leerlinge se lees- en spelvaardighede, sowel as hul gesondheid, vir ons belangrik; daarom was dit vir ons lekker om dié boekuitstalling en spel-a-thon aan te bied,” eindig Nolan.

Related Articles

Back to top button