Local sportSport

Hou Teine dop

Die pad vorentoe sal tydens die jaarvergadering bespreek word.

Randfontein Rugbyklub het vanjaar baie guns geniet tydens die rugbyseisoen en sien uit na die 2015 seisoen.

Volgens die eerstespanafrigter Jacques Conradie het vyf Randfontein-spanne in die Pirates Groot Uitdaag-reeks deelgeneem.

Die tweedespan het ‘n welverdiende vyfde plek in die toernooi behaal, maar het ongelukkig nie tot die halfeindrondte deurgedring nie.

“Dit was goed om te sien dat die gapings tussen die tellings beslis kleiner word, veral teen die groot spanne in die liga,” vertel Conradie.

“Met ‘n gemiddelde ouderdom van 24 in Teine se eerstespan is daar ‘n groot moontlikheid dat dié span binne die volgende twee jaar vir die gemeenskapsbeker kan kwalifiseer.”

Vanjaar was selfs vier Teine-spelers in ‘n Goue Leeus-amateurspan – die eerste keer in agt jaar. Ons was ook vanjaar bevoorreg om twee spelers in die Goue Leeus se sewesspan te hê. Dié spelers is Errard Ernsting en Victor Vendricks,” vertel Conradie.

Die kommittee en afrigtingspan bedank die spelers en hul families, borge en getroue ondersteuners vir die hulp en bystand gedurende die seisoen.

Die bestuur van Randfontein Rugbyklub glo dat Teine beslis op pad is om hulle dorp trots te maak.

Met die afsluiting van die 2014 rugbyseisoen sal Randfontein Rugbyklub op 31 Oktober hul algemene jaarvergadering hou.

Volgens Conradie sal die vergadering om 6nm begin en as forum dien vir die verkiessing van die 2015-kommittee.

“Na afloop van die vergadering sal die jaareindfunksie plaasvind,” vertel Conradie.

Verwante artikels:

Related Articles

Back to top button