NewsSchools

Rierand gaan groot vir ALS

Skool samel meer as R23 000 in by gholfdag en hoof doen Ice Bucket Challenge drie keer.

Hoƫrskool Riebeeckrand se hoof Annelize van den Berg was tydens vanjaar se Riebeeckrand-gholfdag genomineer om die Ice Bucket Challenge aan te pak.

Die doel van die uitdaging is bewusmaking van die siekte amyotrophic lateral sclerosis (ALS).

Van den Berg het gewys dat sy nie bang is vir ‘n bietjie yswater nie maar het gou besef dat dit baie kouer is as wat dit lyk.

Sy het die uitdaging drie keer in een aand aangepak en sodoende ā€˜n positiewe atmosfeer geskep en meer donasies vir die J9 Foundation ingesamel.

Volgens die bemarker van HoĆ«rskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het Van den Berg ook verskeie besighede gemotiveer om ook self die uitdaging aan te pak en ‘n donasie tot diĆ© fonds te doen.

“Shutterlock, Tony’s meat market, Truter, Crouse & Wiggle, Randgate Spar en Boetie Luus het almal tydens die gholfdag ‘n donasie gedoen en ons het ‘n totaal van R23 100 vir die fonds ingesamel,” vertel Kruger.

Van den Berg daag alle skoolhoofde in die streek uit om die Ice Bucket Challenge te doen.

Hoƫrskool Riebeeckrand bedank al die besighede wat tydens die geleentheid donasies gedoen het.

“Dis wonderlik om sulke ondersteuning en goedhartigheid in ons dorp te sien. Ons waardeer elkeen se ondersteuning tydens die geleentheid,” vertel Kruger.

Verwante artikels:

Related Articles

Back to top button