School sportSport

Jannas-o.15s wen Roodepoort Rugbyklub-reeks

Klop Bastion van Witpoortjie in die eindstryd 21-12.

HoĆ«rskool Jan Viljoen se o.15A- rugbyspan het hul seisoen op ‘n hoĆ« noot afgesluit toe hulle die Roodepoort Rugbyklub Rugbyreeks gewen het. Dit was eers as die Coke-reeks bekend.

DiĆ© span het in die eindstryd teen HoĆ«rskool Bastion te staan gekom en met ‘n telling van 21-12 geseĆ«vier. “Die ‘Blou Masjien’, soos diĆ© span van Jannas bekend staan was ook onoorwonne in die poelfases van die kompetisie. Hulle het al hulle wedstryde met gemak gewen,” vertel afrigter George Smith.

In die eerste poelwedstryd het die Jannas-manne gemaklik met Bastion afgereken en die wedstryd met ‘n telling van 16-2 beklink.

Die kaptein en haker, Jacques van Heerden het sy span gelei deur die voorbeeld te stel en is tereg as die speler van die wedstryd aangewys.

“Teen Bekker was die manne in blou in ‘n verwoestende bui en het nie minder nie as vier drieĆ« ingepalm. Die eindtelling was 26-10 in Jannas se guns en die losskakel, Peter Tladi, is as speler van die wedstryd aangewys,” vertel Smith.

Die span het toe na die finaal deurgedring waar hulle weer teen Bastion te staan gekom het.

“Dit was ‘n klipharde wedstryd en Jan Viljoen was teen halftyd 12-0 agter,” vertel Smith.

Die span het egter baie karakter getoon en drie drieƫ in die tweede helfde gedruk om die kragmeting 21-12 te wen.

Jannas se flank, Thabang Nondzaba, het ‘n puik wedstryd beleef en is as speler van die wedstryd aangewys.

“Dit is vir my en my mede-afrigter, Herman Badenhorst, ‘n plesier diĆ© jong manne af te rig,” vertel Smith.

“Ons het hard gewerk tydens vanjaar se rugbyseisoen om ‘n kultuur van dissipline, respek en ywer te kweek en die seums het hierby ingekoop. Hulle is nie net maats nie, maar eerder soos broers vir mekaar.”

Smith vertel verder dat diĆ© span vanjaar ‘n totaal van 21 wedstryde gespeel het waarvan 17 oorwinnings en drie nederlae was. Een van hul kragmetings het gelykop geĆ«indig.

“Dit is voorwaar ‘n besonderse prestasie waarop elkeen van diĆ© seuns trots kan wees,” vertel Smith.

Related Articles

Back to top button