School sportSport

Rierand leer Monnas ‘n krieket les

Hoƫrskool Riebeeckrand se juniors klop die manne van Monnas met agt paaltjies.

Hoƫrskool Riebeeckrand se juniors het die afgelope naweek op die krieketveld vir Monnas ore aangesit.

Volgens die bemarker van Hoƫrskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was dit hul eerste ligawedstryd van die seisoen. Riebeeckrand het baie goed op die veld gelyk en vir Monnas met agt paaltjies geklop.

“Riebeeckrand het die tuisvoordeel geniet en die manne van HoĆ«rskool Monument eerste laat kolf,” vertel Kruger.

Duanne Grobler van HoĆ«rskool Riebeeckrand het die eerste paaltjie vir die dag laat kantel en na 36 beurte was Monnas met ‘n telling van 146 lopies terug pawiljoen toe.

“Die kaptein van Rierand se junior krieketspan, Divan van den Berg, en Duanne het die kolfbeurt vir Riebeeckrand geopen,” vertel Kruger.

Rierand het na slegs 21 beurte Monument se telling behaal met die telbord wat 147 vir twee lees.

Volgens Kruger het Franco Prinsloo puik gekolf en 42 lopies van slegs 28 balle gemoker terwyl Duanne 37 lopies van 62 balle trotseer het.

“Duanne het ook puik gevaar met die bal in die hand en drie paaltjies vir 27 lopies laat kantel,” vertel Kruger.

Bennie Smith het ook twee paaltjies geneem en slegs 14 lopies afgestaan.

Related Articles

One Comment

Back to top button