Local newsNews

Drama by Jannas

Randfontein goed verteenwoordig tydens fees met ses inskrywings.

Die ATKV Randfontein-tak se toneelfees, Sonder Grense het die afgelope naweek heelwat nuwe talent op die planke gebring.

Volgens die organiseerder van die toneelfees, Chrisna Grobler het dié fees op 29 en 30 Augustus by Hoërskool Jan Viljoen plaasgevind.

“Die geleentheid was ‘n reuse sukses en 11 dramastukke is voor die beoordelaars opgevoer,” vertel Grobler.

Sy sê dat van die dramagroepe van so vêr as Bethlehem gekom het om aan die toneelfees deel te neem.

“Randfontein was baie goed verteenwoordig met ses inskrywings,” vertel Grobler.

Dié toneelstukke sluit in Laerskool Randfontein se twee dramastukke Talente en Die Middeljare, Hoërskool Jan Viljoen met Dag en Nag, Hoërskool Riebeeckrand met Naam?, NG Kerk Randfontein-Noord met Kwas en Groep 2 met Mejuffrou, Mevrou, Wat nou?.

“Die beoordelaars, Johny Klein, Johann Smith en Belinda Parkin se werk was vir hulle uitgeknip om dié dramastukke te beoordeel, maar het hulself goed van hul taak gekwyt,” vertel Grobler.

Sy meen dat die geleentheid baie nuwe talent op die planke gebring het en dat elke toneelgroep die geleentheid terdeë geniet het.

“Ons as ATKV Randfontein is baie trots op die sukses van dié toneelfees en bedank elke dramagroep wat vir die fees ingeskryf het,” vertel Grobler.

Related Articles

Back to top button