Local newsNewsSchools

Matriekafskeid kan jou sak ruk

Ouer praat met die herald voor dorp se eerste afskeid vanaand begin.

Terwyl elke Graad 12-dogter planne beraam oor hoe sy tydens haar matriekafskeid gaan lyk, het dié leerlinge se ouers heelwat ander dinge om hulself oor te bekommer; dinge soos die kostes wat aan die geleentheid gekoppel is.

Die herald het met verskeie ouers gepraat om uit te vind hoeveel ‘n matriekafskeid ‘n ouer uit die sak kan jaag. Alhoewel sommiges vir die geleentheid begroot het, is daar diegene wat met ‘n skok agtergekom het wat hulle kinders se uitrustings en bykomstighede hulle gaan kos.

“Vir elke dogter in Graad 12 is haar matriekafskeid seker een van die belangrikste dae van haar skoolloopbaan. Daarom is dit vir hulle ‘n absolute noodsaaklikheid om op hulle beste te lyk,” het ‘n ouer Amanda van Zyl gesê.

Van Zyl vertel verder dat ‘n begroting van R6 000 vir jou dogter se matriekafskeid die nodige kan dek. Dit sluit die kind se hare, naels, gremering, skoene, rok, juwele en matriekafskeid-kaartjie in.

“Alhoewel R6 000 jou kind se afskeid kan dek, is daar steeds diegene wat baie meer as dit op dok. Die geheim is om die geleentheid goedkoop maar steeds elegant te hou, nie duur te koop nie, maar eerder om slim te koop,” vertel van Zyl.

Ouers wie se seuns hul matriekafskeid vanjaar gaan geniet, kan ook ‘n stewige begroting verwag, aangesien ‘n pak klere, hare en hul skoene ‘n ouer net soveel uit die sak uit mag jaag.

Die dorp se eerste matriekafskeid is die van Hoërskool Riebeeckrand vanaand, 21 Augustus.

Die herald sal die geleentheid bywoon om foto’s van u kind, kleinkind te neem, so besoek gerus ons webwerf later vanaand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button