School sportSport

Jannas slag Nick Diedericks met 182 lopies

Sesde paaltjie vennootskap van 127 deur Hoërskool Jan Viljoen vou Nic Diedericks.

Hoërskool Jan Viljoen se juniors het die afgelope naweek gemaklik vir Hoërskool Nick Diedericks met 182 lopies afgereken.

Volgens die afrigter van Hoërskool Jan Viljoen se 50-boulbertspan, Robbie van Coller het Jannas die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

“Na 42 boulbeurte het die manne van Jannas ‘n totaal van 283 aangeteken,” vertel Van Coller.

Hy vertel verder dat Ashton Fourie ‘n puik dag op kantoor geniet het en ‘n totaal van 147 lopies nie uit nie gemoker. Franco van Wyk het ook puik gekolf en 44 lopies aangeteken.

“Die vennootskap om die sesde paaltjie was werklik puik. Dit is tydens die vennootskap waar Ashton en Franco ‘n totaal van 127 gesamentlike lopies aangeteken het,” vertel van Coller.

Nick Diedericks het kort daarna ingekom om te kolf.

Ongelukkig kon hulle nie die aanslae van Jannas keer nie en is na slegs na 24 boulbeurte almal vir 101 lopies uitgehaal.

“Ons boulers het ook baie goed gevaar en die manne van Nic Diedericks niks kans gegee om ritme te vind nie,” vertel Van Coller.

Related Articles

Back to top button